Banyana is gereed vir môre

Banyana Banyana het in Zambië aangekom vir môre se internasionale vriendskaplike wedstryd teen die Copper Queens in Lusaka. Die wedstryd is ter voorbereiding van volgende naweek se wedstryd teen Algerië om vir die Afrika-vrouebeker te kwalifiseer. Dit is ook die begin van ‘n besige program om vir die 2023 Fifa-vrouewêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland te kwalifiseer. Die verdediger, Bambanani Mbane, sê hulle moet die wedstryd teen Zambië ernstig opneem, al is dit vriendskaplik: