Banyana Banyana se bonusstruktuur ‘n klap in die gesig vir geslagsgelykheid

Sokker: Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sê Banyana Banyana se bonusstruktuur is ‘n klap in die gesig van geslagsgelykheid. Dit volg ná berigte dat spelers elk ‘n bonus van 55 000 Suid-Afrikaanse rand sal ontvang omdat hulle die eindronde van die Afrika-bekertoernooi vir vroue gehaal het. Die kommissie is van mening die bedrag is onregverdig vir ‘n groep hardwerkende vroue. Die woordvoerder, Javu Baloyi, doen ‘n beroep op die beheerliggaam, Safa, om die bonus-struktuur te heroorweeg om dit op ‘n gelyke vlak te bring met die mans se vergoeding-strukture. Banyana speel môre in die eindstryd teen Marokko.