Banke se wantroue strem kleinskaalse boere in Ghana

‘n Ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies het onthul min kleinskaalse rysboere in Ghana gebruik moderne tegnologie. Volgens die studie kry hierdie boere nie toegang tot nuwe boerdery-tegnologie nie omdat hulle nie lenings kan kry nie. Die verslag het bevind banke in Ghana wantrou kleinskaalse boere en vereis hoë sekerheid, ‘n groot bedrag spaar-kapitaal en hoë rente vir landboulenings. Volgens die VN het hierdie boere finansiering nodig om beter oeste te behaal en hulle lewensbestaan te verbeter.