Bank van Engeland waarsku VK gaan in resessie verval

Die Bank van Engeland waarsku die Verenigde Koninkryk gaan in ‘n resessie verval. Die hoof van die sentrale bank, Andrew Bailey, het rentekoerse van 1,25 persent tot 1,75 persent verhoog, die grootste enkele verhoging sedert 1995. Hy voorspel die ekonomie gaan in die laaste kwartaal van vanjaar krimp en aanhou krimp tot die einde van volgende jaar. Bailey sê beperkings op Russiese gasvoorrade is grootliks te blameer vir die onlangse prysstygings.