Bangladesj president laat opposisieleier vry
Die president van Bangladesj, Mohammed Shahabuddin, het die land se parlement ontbind ná die eerste minister, Sheikh Hasina, bedank en na Indië gevlug het. Die voormalige eerste minister en opposisieleier Begum Khaleda Zia is ook uit die tronk vrygelaat en ‘n volle presidensiële kwytskelding gegee. Die aankondigings kom terwyl studenteprotesleiers met die weermaghoof, generaal Waker-Uz-Zaman, vergader het nadat die weermag aangekondig het dat hulle ‘n tussentydse regering sal vorm. Zaman het samesprekings gevoer met leiers van groot politieke partye om die pad vorentoe te bespreek.