Bang vir spinnekoppe? Kyk gou hier…
Die grootste manlike voorbeeld van die wêreld se giftigste spinnekop, die dodelike Sydney-tregterspinnekop, is noord van Sydney in Australië gevind. Hercules, soos hy genoem word, woon nou in die Australiese Reptielpark, waar hy sal deelneem aan die teengifprogram. Spinnekopkenners van die park het hom gevind en vinnig besef dit is die grootste mannetjie wat al ooit in Australië ontdek is. Hy is 7,9-sentimeter lank. Sydney-tregterspinnekoppe het kragtige slagtande wat ‘n menslike vingernael kan deurboor en is normaalweg tussen een en vyf sentimeter lank.