Bande-invoerdersvereniging van SA gaan hof toe oor bykomende invoerbelasting

Die Bande-invoerdersvereniging van Suid-Afrika sal die Suid-Afrikaanse Bandevervaardigers-konferensie en die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie voor die hof daag oor bykomende invoerbelasting op bande. Die vereniging eis dat kritieke inligting rakende die teenstortings-aansoek bekend gemaak word. Die vereniging se voorsitter, Charl de Villiers, sê ondernemings is in die duister wanneer dit by die toepassing van bykomende heffings kom.