Band-invoerdersvereniging waarsku oor prysverhogings

Die Band-invoerdersvereniging van Suid-Afrika vra die regering om die Suid-Afrikaanse Bandvervaardigers-konferensie se aansoek van die hand te wys vir heffings op bande wat uit China ingevoer word. Die vereniging waarsku die koste van bande kan tot 41 persent verhoog as die aansoek suksesvol is. Bykomende heffings van tussen agt en 69 persent sal dan op passasiers-, taxi-, bus- en vragmotor-voertuigbande gehef word. Die vereniging se voorsitter, Charl de Villiers, sê die konferensie se aansoek vir heffings is belaglik, want byna 3 200 band-produkte word in die land verkoop.