Ballonne skep bedreiging vir lugvaart
Die Withuis sê die vier ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerpe wat sedert Vrydag afgeskiet is, het ‘n gevaar geskep vir burgerlugvaart maar hulle het nie kommunikasie-seine uitgestuur nie. Amerika hou sy lugruim met ‘n valkoog dop, sedert die onlangse skending daarvan deur ‘n vermeende spioenasieballon van China. Die woordvoerder van die nasionale veiligheidsraad, John Kirby, sê hulle kon vasstel China het ‘n hoëhoogte-ballonprogram om intelligensie in te samel. Hy sê die program was reeds tydens die Trump-administrasie bedrywig maar hulle het dit nie toe opgespoor nie: