Baldwin-skietery: klag van nalatigheid verwag

‘n Amerikaanse regskenner glo minstens ’n klag van growwe nalatigheid sal oorweeg word ná die dood van ’n lid van die produksiespan op die stel van die rolprent Rust in Nieu-Mexico. Die kinematograaf Halyna Hutchings is dood en die regisseur Joel Souza gewond toe die hoofrolspeler, Alec Baldwin, ‘n skoot afgevuur wat. Die prokureur Gloria Allred verteenwoordig die draaiboek-assistent Mamie Mitchell, wat agter Hutchings gestaan het. Allred sê daar was nie eens ‘n rede waarom die skoot afgevuur is nie, want die akteurs was nie besig om te repeteer nie.