Bakterie wat malaria-parasiet in muskiete verhoed, gevind
Daar is moontlike goeie nuus vir die behandeling van malaria. Wetenskaplikes het per abuis op ‘n bakterie afgekom wat verhoed dat die malaria-parasiet in die muskiet ontwikkel. Op die oomblik word proewe in Spanje uitgevoer. Dr. Richard Kamwi, oud-gesondheidsminister en Namibiese verteenwoordiger van die Elimin8 Malaria-veldtog sê die nuus is verblydend.