Baie sterf in brandstof-tenkwa ontloffing in Sierre Leone

Die dodetal in Freetown, Sierra Leone, waar ‘n brandstof-tenkwa ontplof het, het tot minstens 108 gestyg. Meer as 100 mense is beseer toe die tenkwa na die ontploffing aan die brand geraak het. Gemorste brandstof het in ‘n vlammesee ontaard wat die omstanders en voertuie by ‘n besige kruising verswelg het. Een verslag sê ‘n bus vol mense het totaal uitgebrand en nabygeleë winkels en stalletjies by ‘n mark het afgebrand. Verskeie motors en motorfietse is ook vernietig.