Baba-sterfte: skokkende getuienis in die hof

Skokkende getuienis is in die hoërhof voor regter Claudia Claasen gelewer. Die 29-jarige Priscilla Stuurman word daarvan aangekla dat sy haar ses-maande oue seuntjie by Aussenkehr op 23 Desember 2019 vermoor het deur hom op die grond te gooi. Volgens Stuurman se stukke voor die regter het sy nie bedoel om haar baba te beseer nie en het uitgestap om te rook en hom te borsvoed, en toe val sy omdat sy besope was. Sy sê sy het onmiddellik hulp gesoek. Die baba is die volgende dag dood aan bloeding op die brein. Ander getuies het aan die hof gesê dat Stuurman talle male gesê het dat sy nie die kind wou hê nie ander het getuig dat sy ook gereeld geweier het om die kleintjie te borsvoed.