Baba-inkvisse vaar die ruimte in

Meer as 100 baba-inkvisse en 5 000 mikroskopiese diere word vandag na die Internasionale Ruimtestasie gestuur. Hulle reis saam met eksperimentele toerusting na die IRS aan boord van die Space X Falcon 9-vuurpyl. Die 128 baba-inkvisse sal gebruik word as deel van navorsing na die uitwerking van ruimtevlug op voordelige verweefdheid tussen mikrobes en diere. Die inkvis het ‘n immuunstelsel soortgelyk aan dié van mense. Volgens die internasionale media sal hulle gevries word voordat hulle terugkeer aarde toe.