Baba in kelder in Oekraïne gebore

Terwyl die skote klap vir beheer oor die Oekraïnse hoofstad Kiëf, is daar ook goeie nuus. ‘n Baba is in die kelder van ‘n Oekraïnse stadshospitaal gebore terwyl Russiese magte buite geveg het. Sy ma het Vrydagaand in kraam gegaan in die Starobilsk multi-dissiplinêre hospitaal in Luhansk. Personeel het haar na ‘n tydelik-ingerigte saal gehaas wat teen bombardemente beskerm is sodat sy veilig geboorte kon gee. Die kraamsaal se Facebook-boodskap lees: In die kelderverdieping van die hospitaal in omstandighede wat ver is van wat ‘n nuwe lewe verdien – die geskreeu van ‘n pasgebore seun. Dit gaan glo goed met die ma en die kind.