Avatar-robot gaan vir seuntjie skool

Internasionale nuusagentskappe berig dat ‘n sogenaamde ‘avatar-robot’ skool vir die sewe-jarige Joshua Martinangeli, in Berlyn, Duitsland, bywoon. Joshua kan op die manier met sy onderwyser en sy klasmaats gesels en deelneem aan die lesse. Die robot se oog-liggies flikker wanneer Joshua iets wil sê. Deur middel van die robot, gesels almal met mekaar, somtyds soveel so dat die juffrou weer die klas tot orde moet bring. Joshua se avatar vorm deel van ‘n projek wat as gevolg van Covid ontwikkel is. Berlyn se onderwysowerheid het reeds vier avatars aangeskaf.