Mosambiekse weermag in skermutseling met militante groepe

Die situasie in Palma in die noorde van Mosambiek bly gespanne nadat die land se veiligheidsmagte bekendgemaak het dat ‘n beduidende getal Islamitiese-aanvallers in skermutselings met Mosambiekse magte dood is.Groot getalle mense wat uit hulle huise gevlug het na aanvalle van die militante groepe sukkel nou om huisvesting,gesondheidsorg en kos te kry. Die Wêreldvoedselprogram is besig met hulp in die verband. Shelley Thakral van die program het met die media in Palma oor die situasie op grondvlak gepraat