Aussies is veilig in Pakistan

Australië se kolwer Steve Smith sê al het die draaibouler Ashton Agar ‘n doodsdreigement op sosiale media gekry, voel die spelers ongelooflik veilig in Pakistan. Dit is Australië se eerste toer na Pakistan in byna 25 jaar. Australië, Engeland en Nieu-Seeland het nie na Pakistan getoer sedert 2009 se aanval op ‘n bus in Lahore wat die span van Sri Lanka vervoer het nie. Ses polisiebeamptes en twee burgerlikes is in die voorval dood. Smith sê hulle sien uit na die eerste toets wat Vrydag in Rawalpindi begin: