Aussie-vroue is deur na eindstryd
Australië het na die eindstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi deurgedring met ‘n oortuigende oorwinning met 157 lopies oor die Windies in Wellington, Nieu-Seeland. Die onoorwonne Aussies het 305 vir drie aangeteken nadat ‘n reën-onderbreking die kragmeting tot 45 boulbeurte per span verkort het. Alyssa Healy se 129 was die beste telling. Die Windies was nooit in die prentjie nie en het hulle laaste paaltjie aan die einde van die 37ste boulbeurt verloor met net 148 op die telbord. Suid-Afrika en Engeland speel môre in die tweede halfeindstryd.