Aussie Ope: Sabalenka vat haar eerste, Djokovic teen Tsitsipas later

Aryna Sabalenka het hard terugbaklei en haar eerste Australiese Ope titel ingepalm teen die Rus, Elena Rybakina. Vandag is die mansfinaal tussen Novak Djokovic en die vierde gekeurde Griek, Stefano Tsitsipas. Djokovic het die tiende keer die eindstryd gehaal met ʼn maklike oorwinning teen die Amerikaner, Tommy Paul. Hy het kort na daardie westryd met die media gepraat.