Aussie muisspesie na meer as 150 jaar herontdek

‘n Muis is herontdek nadat dit in 1857 laas op ‘n eiland aan die kus van Wes-Australië gesien is. Wetenskaplikes het DNS-monsters wat hulle tydens navorsing versamel het vergelyk en op ‘n klein bevolking van die Shark Bay-muis, ook bekend as ‘n djoongari, afgekom. Daar is egter nie genoeg van hierdie spesie om te oorleef op die eiland van 42 vierkante kilometer in Shark Bay nie, en daar is intussen van hulle na twee ander eilande geneem om nuwe bevolkings te vestig. Die navorsing word volgende maand in die joernaal PNAS gepubliseer.