Aussie-krieketheld Symonds sterf in ongeluk

Die voormalige Australiese veelsydige krieketspeler Andrew Symonds is in ‘n motorongeluk op die ouderdom van 46 dood. Die ongeluk, waarin sy motor alleen betrokke was, het sowat 50 kilometer buite Townsville, op die noordoostelike kus van Queensland, gisternag plaasgevind. Paramedici het tevergeefs gepoog om hom te red. Ooggetuies op die toneel sê sy twee honde, wat saam met hom in die motor was, maar ongedeurd is, het geweier om sy sy te verlaat en wou eers nie dat enigiemand hom bystaan nie. Symonds het 26 toetse vir Australië gespeel en was ‘n integrale deel van Australië se span wat die wêreld tussen 1999 en 2007 oorheers het.