Auger-Aliassime palm eerste ATP-titel in

Felix Auger-Aliassime van Kanada het sy eerste ATP-toertitel ingepalm toe hy die wêreld se verdedigende nommer vier Stefanos Tsitsipas van Griekeland in die eindstryd van die Rotterdam Ope in Nederland geklop het. Die 21-jarige, wat in sy negende toer-eindstryd meegeding het, het Tsitsipas in 78 minute met 6-4, 6-2 uitoorlê. Hy het sover vanjaar goed gevaar en Kanada verlede maand gehelp om die ATP-bekertitel verlede maand te wen, en het daarna die kwarteindronde van die Australiese Ope gehaal. Auger-Aliassime sê hy hoop sy titel is die eerste van vele in sy loopbaan: