Astroworld vertrapping: 9 is dood

Die dodetal in verlede week se stormloop op ‘n musiekfees in Houston, Texas, het tot nege gestyg toe ‘n jong kollege-student dood is. Die 22-jarige Bharti Shahani het baie ernstige beserings opgedoen toe konsertgangers mekaar verdring het voor die optrede van die kletsrymer Travis Scott tydens die Astroworld-fees. Scott het intussen aangebied om die slagoffers se begrafniskoste te dra. Hy het ook mense wat tydens die voorval beseer is, gevra om hom persoonlik te kontak indien hulle finansiële bystand benodig. Intussen is daar reeds verskeie dagvaardigings teen hom hangende gemaak.