Assange moet onmiddellik vrygelaat word – Numsa

Numsa in Suid-Afrika het by ander groepe aangesluit om die onmiddellike en onvoorwaardelike vrylating te eis van Julian Assange uit die Belmarsh-tronk in die Verenigde Koninkryk. Die vakbond sê Assange is ‘n joernalis wat ‘n vriend is van alle vredeliewende mense. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê in 2010 het WikiLeaks, gelei deur Assange, inligting bekendgemaak wat van ‘n fluitjieblaser in die VSA ontvang is. Chelsea Manning het daarin die rassistiese brutaliteit ontbloot waarmee Amerikaanse soldate voor die voet burgerlikes in Irak vermoor het:

‘n Britse hof het op 6 Desember beslis Assange kan aan die VSA uitgelewer word maar, sy regslui het aangedui dat hulle teen dié beslissing sal appelleer. Assange se saak word in sommige oorde geag as die belangrikste saak vir persvryheid in die geskiedenis van die media. Sy WikiLeaks-webblad het ook die Fishrot-dokumente gepubliseer.