Assange en Moris dagvaar om te trou

Julian Assange en sy verloofde Stella Moris dagvaar die Britse minister van binnelandse sake Dominic Raab en Belmarsh-gevangenis om te trou. Die paartjie sê hulle word toestemming hiervoor geweier. Assange is steeds in aanhouding terwyl die VSA steeds sy uitlewering soek in ‘n appèlsaak. Moris en Assange sê hulle en hul twee kinders se basiese regte word geskend en volgens Moris, is die gedrag onregverdig en irrasioneel. Moris sê verder hulle aansoeke word geïgnoreer en dus is hulle gedwing om ‘n formele hofaansoek te bring. Die respondente moet antwoord op stukke teen 12 November gee.