Aspen se Johnson & Johnson gereed vir verspreiding in SA

Die eerste voorraad van Johnson en Johnson se Covid-19-entstowwe wat by Aspen Pharmacare in Gqeberha in die Oos-Kaap vervaardig is, is vandag gereed om versprei te word. Volgens Aspen sal die entstof regoor Suid-Afrika versprei word ooreenstemmig verspreidingsreëlings tussen Johnson en Johnson, die departement van gesondheid en ander belanghebbers. Voorrade sal ook beskikbaar gestel word deur die Afrika-entstofverkrygings-taakspan of Afrika Unie-platform, die Europese Unie en ander buitelandse markte.