Aspen in Oos-Kaap se eerste entstof is versend

Die uitvoerende hoof van Aspen Pharmacare in Suid-Afrika, Stephen Saad, sê die maatskappy is trots op die rol wat hy speel in die vervaardiging van Covid-19-entstof vir verspreiding in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Dit volg nadat Aspen bevestig het die eerste besending van die Johnson en Johnson-entstof is van sy hoof-vervaardigingsaanleg in die Oos-Kaap versend. Saad sê dis ‘n reusestap vorentoe om te verseker dat Afrika sy gesondheidsprioriteite kan nakom: