As ons nie kan werk skep nie, is ons moeilkheid baie groter as wat ons dink

Reaksie word ontvang op analises deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië wat sê dat die huidige tendens van werkloosheid en ook werkloosheid wat toeneem, sal nie in die nabye toekoms omgekeer kan word nie. Luidens die verslag wat bekend gemaak is, is die Namibiese ekonomie nie daartoe in stand om volhoubare werk te skep nie en dus sal die informele sektor verder groei en die formele sektor krimp. Daan Strauss, sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.