As dit nie te min lokomotiewe is nie, is dit onderdele wat vertraag is

TransNamib se probleme blyk om voort te duur. Nie net het die maatskappy groot tekorte aan lokomotiewe nie, die wat in gebruik kan, en moet wees, sukkel as gevolg van vertragings in die aflewering van onderdele. Die maatskappy se uitvoerende hoof, Johny Smith het aan plaaslike media bevestig dat hulle steeds op bestellings wat verlede jaar gedoen is, wag. Dus, sê Smith, word die onderhoudstrategie ook gekniehalter wat op sy beurt inkomste negatief beïnvloed. Hy voeg by dat vragvervoer die grootste deel van TransNamib se strategie uitmaak, al is passasiervervoer ook onlangs suksesvol daargestel. Hy sê die omkeerplan van 2018 vorder goed en teen die einde van die jaar behoort die maatskappy se boeke beter te vertoon.