As BoN weer rentekoers verlaag, kan daar risiko’s wees
Die Bank van Namibië het die repokoers na 7,50 persent gesny, om binnelandse verbruik en belegging ‘n hupstoot te gee. Daarna het Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers daar met 25 basispunte tot 8 persent verlaag. Die volgende monetêre beleids-aankondiging in Namibië is geskeduleer vir 23 Oktober, en verwagtinge is dat rentekoerse weer kan daal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, wat verduidelik dat dit ‘n risiko vir plaaslike beleggings inhou.