As alles uitwerk is daar dalk verligting in die olieprys…

Indirekte samesprekings tussen Iran en die VSA oor die herlewing van die 2015 Iran-kernkragooreenkoms is na aan ‘n ooreenkoms volgens Britse en Franse gesante. Onderhandelaars het 11 maande lank gewerk om die 2015-ooreenkoms te probeer herleef. Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump het die ooreenkoms in 2018 verlaat en sanksies op Irannese olie-uitvoere geplaas. Sou die ooreenkoms hervat sal Opul werk maak daarvan om Iran by sy voorrade by te voeg en dan kan die huidge tekorte en uiters hoë ru-olieprys moontlik verligting ervaar. Olie verhandel tans net onder 118 Amerikaanse dollar ‘n vat.