Armoede neem hier en elders toe, werkskepping uiters belangrik

Reaksie word ontvang op berigte dat 10 persent van Suid-Afrikaners op 11 rand en 67 sent per dag moet oorleef. Dit volg na berigte dat agt miljoen inwoners in die buurland kwalifiseer vir die ANC-regering se bystand van 350 rand vir huishoudings wat minder as 5 000 rand verdien. In die Namibiese verband sê die waarnemende ombudsman, advokaat John Walters, dat ons dieselfde uitdagings het en dat die buurland se kenners korrek is dat werkskepping die enigste oplossing is.