Armoede bly ‘n uitdaging, Big bly in die nuus

Armoedevlakke in Namibië het die afgelope jare ‘n humanitêre krisis geword. Die Basic Income Allowance Coalition, bekend as Big, sê iets moet dringend gedoen word deur ‘n toelaag van 500 Namibiese dollar per persoon per maand vir alle Namibiërs in te stel. Volgens ‘n verslag deur Unicef is voedselsekerheid en voedingstatus die twee groot drywers van kinderarmoede in Namibië. ‘n Gemiddeld van 51,3 persent van kinders leef tot die ouderdom van 17 in armoede, vergeleke met 37,4 persent van volwassenes en die nasionale gemiddelde van 43,3 persent. Sosiale aktivis Rosa Namises het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê armoede is ‘n bose siklus.