Argeoloë maak inligting bekend oor liggam in kis uit bronstydperk

‘n Kis uit die bronstydperk is in ‘n dam op ‘n gholfbaan in Lincolnshire, Engeland, gevind. Binne-in was die liggaam van ‘n man wat sowat 4 000 jaar gelede geleef het. ‘n Byl is saam met hom begrawe. Argeoloë het vasgestel die kis van drie meter lank is gemaak deur ‘n akkerboom se stam uit te hol. Hulle vermoed die man het hoë status geniet, want sy liggaam is met plante gestut en met ‘n gruislaag bo die grond gelig. Die byl wat langs die man gevind is, is een van net twaalf wat tot dusver in Brittanje ontdek is.