Argentinië, Chile, Uruguay en Paraguay wil saam Sokkerwêreldbeker 2030 aanbied

Sokker: Argentinië, Chile, Uruguay en Paraguay het ‘n gesamentlike bod ingedien om die Wêreldbeker-toernooi in 2030 aan te bied. Hulle ding mee teen die gesamentlike bod van Spanje en Portugal. Uruguay het die heel eerste toernooi in 1930 aangebied. Chile was die gasheer in 1962 en Argentinië in 1978. Vanjaar se Wêreldbeker-toernooi sal vanaf 21 November in Katar gehou word. Kanada, Mexiko en Amerika sal die volgende een in 2026 gesamentlik aanbied.