Ardern sê inperkings sal eers gelig word as 90% ingeënt is

Die vlak drie-inperking in Nieu-Seeland se grootste stad, Auckland, is met ten minste nog ‘n week verleng. Dit is te midde van die verspreiding van die Covid-19 Delta-variant. Die eerste minister, Jacinda Ardern, sê beperkinge in Auckland, wat reeds vir sewe weke onder inperking is, sal in drie fases gelig word, met die kabinet wat elke stap weekliks sal oorweeg om te verseker dit is veilig om na die volgende vlak te beweeg. Ardern sê streng inperking sal eers beëindig word wanneer 90-persent van die bevolking ten volle ingeënt is: