Arbeidsministerie se betalingstelsel is reeds ‘n week van lyn af

Die Namibiese arbeidsministerie se sogenaamde geïntegreerde finansiële stelsel is sedert 10 November van lyn af. Die ministerie se hoof rekenmeester Pombili Nghiitete sê in ‘n interne epos dat geen betaling sedert verlede week Woensdag gedoen kon word nie en die salarisstelsel word ook hierdeur beïnvloed. Nghiitete sê die ministerie se tegnici werk op die oomblik saam met die ministerie van finansies en die telekommunikasie verskaffer Silnam om die probleem op te los.