Arbeidsministerie besoek streke

Die Namibiese arbeidsministerie besoek streke landwyd en hierdie week kom die Suide aan die beurt. Die ministerie sal op Mariental in die Hardap-streek en Keetmanshoop in die Karas-streek besoek aflê. Werksoekers in die streke word aangemoedig om hul nodige dokumente saam te bring en op die geïntegreerde stelsel te registreer. Die ministerie sal inligting verskaf oor al hul dienste soos onder meer arbeidsinspeksies en -dispute. Anna Salkeus, skakelbeampte van die ministerie, is aan die woord.