Arbeids-adviesraad help met arbeidskwessies

Terwyl Namibië ‘n reuse-staking van staatsamptenare in die gesig gestaar, is kundiges binne verskillende arbeids-opsette betrek om Namibiërs oor verskillende sake op te voed. Een daarvan is die werksaamhede van die arbeids-adviesraad. Dit is ‘n drieledige liggaam wat bestaan uit verteenwoordigers van die staat, werkgewers-federasies en werkers-verteenwoordigers, wat dien om die minister te adviseer oor arbeidskwessies, asook om aanbevelings met betrekking tot nasionale beleid te maak. Nande Kayala van die arbeidsministerie verduidelik die rol van die statutêre komitees.