AR vies oor Limkokwing ‘ooreenkoms’

Die Affirmative Repositioning-beweging het ‘n dokument vrygestel wat blykbaar ‘n kontrak tussen die plaaslike ministerie van hoër onderwys en die Limkokwing-universiteit van Maleisië is. Die dokument vervat bepalings vir die stigting van die universiteit in Namibië. Die AR se woordvoerder Simon Amunime sê dis ‘n buitelandse instansie terwyl plaaslike instansies afgeskeep word.

Hy voeg by die universiteit sal baie duur wees.