AR sê oor verpligte tiendes aan organisasie

Die Affirmative Repositioning-beweging, wat hom al hoe meer beywer na kommunistiese ideale het die naweek sy Grondwet aanvaar by die beraad aan die kus. Luidens die Grondwet, moet amptenare van die beweging, 10 persent van hul inkomste aan die beweging skenk. George Kambala, woordvoerder van die beweging sê dis regverdig omdat leiers voordeel uit die beweging trek.