AR ondersteun ook staatsamptenare se staking

Die Affirmative Repositioning-beweging is die jongste opposisieparty wat hul stem gevoeg het by die kwessie van staatsamptenare se staking. Die beweging het bygevoeg die Fima-wetgewing gaan ook deur die ministerie van finansies gestoomroller word sonder om eers die betrokke rolspelers te raadpleeg. George Kambala ‘n aktivis van die beweging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die regering moet na die staatsamptenare luister.