Appèl oor waterregte deur Agri SA verwelkom

Agri SA sê hulle sien uit na drie appèlle in verband met die oordrag van watergebruiksregte wat vandag in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor word. Die hoof van Agri SA se sentrum vir natuurlike hulpbronne, Janse Rabie, sê ‘n besluit hieroor moes al lankal geneem gewees het. Die appèlle deur twee boere en ‘n watervereniging volg na die uitspraak van die Pretoriase Hooggeregshof in Junie 2020 waarin die hof ten gunste van die Departement van Water en Sanitasie beslis het dat oordrag van watergebruiksregte nie toelaatbaar is nie.