Antonov word binnekort verwag

‘n Antonov An225-vliegtuig word enige oomblik verwag op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met mediese voorraad en ander skenkings as deel van Duitsland se bystand aan Namibië tydens die pandemie. Die vlug het gister vanaf Leipzig in Duitsland vertrek. Francois Lottering is by die lughawe.