Anne Heche sterf na ongeluk

Die Amerikaanse aktrise Anne Heche is dood, ‘n week nadat sy ernstig beseer is in ‘n motorongeluk in Los Angeles. Haar motor het in ‘n huis vasgery en aan die brand geslaan. Sy is sedert die ongeluk in ‘n koma. Verteenwoordigers van die 53-jarige Heche het bevestig sy is breindood, wat ingevolge die Kaliforniese wet die definisie van dood is. Dit is vroeër die dag aangekondig dat Heche van lewensondersteuning ontkoppel sou word. Sy het beroemdheid gewerf vir haar rol in Donnie Brasco, saam met Johnny Depp.