Angolese polisie beskuldig van regteskendings

Angolese polisie het na bewering sedert Januarie 15 aktiviste vermoor. Dit is volgens Human Rights Watch se jongste verslag. Die beweging het die regering versoek om aantygings van mishandeling en regteskendings te ondersoek. Die land se wetstoepassingsowerhede is ook van die arbitrêre arrestasies en die aanhouding van honderde beskuldig. Human Rights Watch sê Angolese wetstoepassingsowerhede, insluitend die polisie, staatsveiligheid en intelligensiedienste, word betrek by onwettige moorde op ten minste 15 mense. Politieke aktiviste, kunstenaars en protesorganiseerders was die hoofteikens van die regteskendings.