Angolese owerhede tree in, in Omusati
In ‘n onlangse onderhoud het die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, gesê Angolese immigrante oorstroom die streek om van honger en armoede te ontsnap, en om gesondheidsdienste op te soek. Hy het gesê dit skep probleme want die mense veroorsaak besoedeling en kampeer waar hulle wil. Kosmos 94.1 Nuus het met Endjala gesels, wat sê hy het die kwessie met die Angolese konsulaat opgeneem en die situasie het aansienlik verbeter.