Angolese immigrante – situasie onveranderd

Die situasie met die Angolese immigrante in die Omusati-streek het nie veel verbeter nie. Volgens die streeksgoewerneur van Omusati, Erginus Endjala, is hy deur ‘n Angolese verteenwoordiger op Oshakati ingelig dat ‘n komitee van die Angolese konsulaat die immigrante op 16 September sal besoek. Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die immigrante sal dan moontlik terug na Angola gerepatrieer word.