Angola kry entstof teen ‘n baie lae prys

Die Angolese President João Lourenço het volgens berigte 10 miljoen dosisse Sinopharm-entstof bestel een ‘n koste van 74 miljoen euro of net meer as 286 miljoen Namibiese dollar. Die prys het na bewering baie vrae in die buurland laat ontstaan omdat dit so laag is. Chinese owerhede het vroeër gesê die entstof kan tot 2 000 Namibiese dollar vir twee dosisse kos. Media in Angola berig dat die aankope direk deur die gesondheidsministerie hanteer word en Lourenço het die minister van finansies opdrag gegee om die betaling te maak. Tot op hede is 921 000 Angolese burgers ten volle ingeënt. Angola het 34 miljoen landsburgers.